“Farmer First Group het ontstaan met die absolute missie om na die boer en sy belange om te sien sonder dat hy sy onafhanklikheid verloor.Ons doelstelling is om ‘n gespesialiseerde diens te verskaf aan ons kliente en om die industrie te revolusioneer en te verander deur boere te bemagtig deur middel van verlaagde produksie kostes, gestruktureerde bestuur en effektiewe boerdery metodes.”
Ons onderneem om in diens van die boer te wees met integriteit, loyaliteit, eerlikheid en deursetting.
Farmer First Group is n maatskappy wat met nuwe tegnologie n verskil kom maak in die landbou industrie. Deurlopende pogings om beter afsette te kry vir produkte werp min vrugte agv mark toestande en invoer produkte. Min fokus word geplaas op goedkoper produksie kostes terwyl dit eintlik die eerste punt is waarna gekyk moet word om n beter en meer lewensvatbare besigheid te bestuur. Die nuwe struktuur skep die geleentheid vir boere om gesamentlik op grootmaat te onderhandel. Dis ook hier waar kennis, sukses en uitstekende kliente diens bymekaar kom. Uit ons eie agtergrond van onderhandelings en besigheid met die boeregemeenskap, het die skreeuende nood ontstaan om boere te help om kop bo water te hou in ‘n geweldige kritiese en belangrike industrie.
FFG is tans besig met finale stappe om kontrakte te teken met Korporatiewe instansies in Suid Afrika wat nog meer waarde kan toevoeg tot ons struktuur en verdere besparings vir die boer teweeg bring. Dit maak ons ‘n instansie wat die gaping tussen die boer en verskaffer nog kleiner maak.
In vandag se kompeterende klimaat, benodig die boer gespesialiseerde aankoops oplossings vir sy unieke industrie. Om ons kliente te help, onderhandel FFG namens die geregistreerde boere. Die boer behou ten alle tye sy eie identitiet maar bly kompeterend terwyl ons namens hom en in grootmaat onderhandel.